En so dink jy moes toe dat jy nie mooi dinge kan maak nie. Dat kunstenaars 'n subspesie van Homo Sappiens is wat nie aan jou verwant is nie. Maar tog, versier jy jou huis met kunswerke van kunstenaars teen die muur. Blêr jou radio elke dag musiek van kunstenaars uit as die stilte vir jou te veel raak. En as jy 'n nuwe uitrusting koop, is die ontwerpe van kunstenaars wat daarop pryk.
As jy 'n oomblik mooi stilstaan, en hierdie gewaarwordinge jou eie maak, besef jy skielik dat daardie subspesie van wie jy so graag distansieër, eintlik heimlik jou helde is.
Dit is nog nie te laat om jou eie kreatiwiteit vry te laat nie. Om jou innerlike jy toe te laat om met trots een van hierdie subspesie te word, en so jou ware jy tot vervulling te bring.
Mark Purnell en medewerkers, bied aan jou die totale spektrum van dienste en produkte, om daar die bevrydende stap te neem. Neem kunsklasse, koop mede-kunstenaars se skilderye waarin 'n stuk van hulle identiteit vasgevang is, skep jou eie meesterstukke, en bemark dit.
Mark en sy medewerkers het 'n groot voorraad van bestaande kunswerke wat jy kan aankoop om jou vaal huis te omskep in jou eie oase waar jy waarlik tuis voel. Jy kan ook die korrekte kunsprodukte aanskaf om jou eie meesterstukke te skep, nadat hierdie bekwame span jou geädviseer het oor wat jy nodig het. En onder hulle mentorskap, kan jou kreatiwiteit blom, tot een van jou grootste bates.
Bevry dus nou jou keatiwiteit en maak kontak met Mark Purnell en sy ervare span kunskenners. Hierdie is die een besluit, waaroor jy nie berou sal hê nie.
Mark se medewerkers